Ek is nou al 11 weke en nogsteeds naar. Het verlede week gaan pilletjies kry by die apteek Vomifene. Drink een in die aand en soms in die oggend as ek weet ek het die aand 'n ding aan. Dit help so effe, maar ook nie heeltemal nie. Ten minste is ek nou nie meer die heledag mislik nie. Dit kry my soms... die mislik wees. Ek is nie iemand wat sommer negatief raak nie, maar so 'n naargeid verander mens bietjie.

Verder gaan dit goed. Ons gaan nou volgende woensdag die 9de Mei na die dokter. Dan gaan ons ons eerste sonar fodie kry. Sien nogal uit daarna. Wil slag sien wat hier binne aangaan en hoekom ek so sleg voel.

Wonder of ons dan al gaan kan sien of dit 'n dogtertjie of 'n seuntjie is. Het al begin dink aan name, maar sal maar eers sodra ons weet wat dit is, rerig ernstig daaroor begin besluit.

Ok dan, dis dit vir eers - ciao