Ja wel
Het die home pregnancy toets gedoen, toe die bloedtoets, toe na die dokter en ja... uiteindelik die sonar.
En ons kry toe bevestiging dat ek swanger is.
Moet sê ek het nie geweet mens kan so naar wees heeldag lank nie. Die afgelope 3 weke is net een naar massa. Ek staan op - dan is ek naar, ek kyk tv - ek is naar. Teen die tyd dat ek gaan slaap dink ek is my liggaam net so gewoond aan die naar wees dat hy half en half normaal voel, maar nou ja.... dan gaan slaap ek net op die volgende oggend weer op te staan en alles van voor af te voel.
Ek glo dat dit darem hier teen so 12weke sal ophou en dat ek dan die "lekker" van swanger wees bietjie kan ervaar. Op hierdie stadium sê ek net vir myself - dit was jou besluit - so live with it.
So ja Dis nou maar dit - lekker dag almal
