Ja wel... het altyd gewonder wanneer om met die kind ding te begin, en besluit toe so 2 maande terug, dalk moet ons net probeer... en ja wel....
So .. ons is nou swanger... ons dink dis so 6weke, maar gaan nou Vrydag ginekoloog toe, so dan sal ons nou definitief weet.
Ek is so van Saterdag af, ongelooflik baie naar. Die Morning sickness kry my sommer ordentlik. Ek hoop nie dit hou vir lank aan nie, want ek haat HAAT naar wees.
Verder is ons nog nie so opgewonde nie, weet mos nou maar ons moet eintlik wat tot op 12 weke, maar het besluit ons gaan na Vrydag vir almal vertel.... dan hoef mense nie te wonder hoekom ek nie iets sterkers drink ens. nie.
Ag wat.... ek dink dit gaan cool wees.
Tot later dan
