• 11 weke

    Ek is nou al 11 weke en nogsteeds naar. Het verlede week gaan pilletjies kry by die apteek Vomifene. Drink een in die aand en soms in die oggend as ek weet ek het die aand 'n ding aan. Dit help so effe, maar ook nie heeltemal nie. Ten minste is ek nou nie meer die heledag mislik nie. Dit kry my soms... die mislik wees. Ek is nie iemand wat sommer negatief raak nie, maar so 'n naargeid verander mens bietjie.

    Verder gaan dit goed. Ons gaan nou volgende woensdag die 9de Mei na die dokter. Dan gaan ons ons eerste sonar fodie kry. Sien nogal uit daarna. Wil slag sien wat hier binne aangaan en hoekom ek so sleg voel.

    Wonder of ons dan al gaan kan sien of dit 'n dogtertjie of 'n seuntjie is. Het al begin dink aan name, maar sal maar eers sodra ons weet wat dit is, rerig ernstig daaroor begin besluit.

    Ok dan, dis dit vir eers - ciao

  • 9 weke

    Ja wel

    Het die home pregnancy toets gedoen, toe die bloedtoets, toe na die dokter en ja... uiteindelik die sonar.

    En ons kry toe bevestiging dat ek swanger is.

    Moet sê ek het nie geweet mens kan so naar wees heeldag lank nie. Die afgelope 3 weke is net een naar massa. Ek staan op - dan is ek naar, ek kyk tv - ek is naar. Teen die tyd dat ek gaan slaap dink ek is my liggaam net so gewoond aan die naar wees dat hy half en half normaal voel, maar nou ja.... dan gaan slaap ek net op die volgende oggend weer op te staan en alles van voor af te voel.

    Ek glo dat dit darem hier teen so 12weke sal ophou en dat ek dan die "lekker" van swanger wees bietjie kan ervaar. Op hierdie stadium sê ek net vir myself - dit was jou besluit - so live with it.

    So ja Dis nou maar dit - lekker dag almal

  • Ooievaar

    Ja wel... het altyd gewonder wanneer om met die kind ding te begin, en besluit toe so 2 maande terug, dalk moet ons net probeer... en ja wel....

    So .. ons is nou swanger... ons dink dis so 6weke, maar gaan nou Vrydag ginekoloog toe, so dan sal ons nou definitief weet.

    Ek is so van Saterdag af, ongelooflik baie naar. Die Morning sickness kry my sommer ordentlik. Ek hoop nie dit hou vir lank aan nie, want ek haat HAAT naar wees.

    Verder is ons nog nie so opgewonde nie, weet mos nou maar ons moet eintlik wat tot op 12 weke, maar het besluit ons gaan na Vrydag vir almal vertel.... dan hoef mense nie te wonder hoekom ek nie iets sterkers drink ens. nie.

    Ag wat.... ek dink dit gaan cool wees.

    Tot later dan

  • Hoekom

    So Nou het 'n blog... hoekom?

    Sodat ek nie meer hoef vir almal te mail en te vertel wat in my lewe aangaan nie - hulle kan sommer nou net hier kom lees...?

    of

    Omdat ek alles vir die hele wêreld wil vertel?

    of

    sommer net vir lawwigheid?

    Ek het nie 'n clue nie. Op die stadium .. is dit maar net 'n lawwe gedagte ... iets waaroor ek en Staff gepraat het ... en ja. Nou is dit hier.

    Hoe sê hulle altyd ..... watch this space - ha ha ha

  • Eerste Blog...

    Hi Daar

    Ja wel...

    En so begin dit. Gaan ook maar die blog ding probeer en kyk of ek dit ook geniet.

    Het nie veel om te sê op die stadium nie, maar sal later iets kom insit. Moes darem net ietsie insit.

    Ok dan

    Ciao

Friends (0)

The friend list is empty.

Tags

There are no tags yet.

Recent comments

No comment yet...

RSS Feed
RSS 1.0
Posts
Comments
RSS 2.0
Posts
Comments
Atom
Posts
Comments

Footer:

The content of this website belongs to a private person, blog.co.uk is not responsible for the content of this website.